Musiek is medisyne vir die siel. Ek as juffrou geniet dit om kindermusiek te gee dit stimuleer en moedig beweging aan. Musiek bevorder ook ons kleintjies se geheue op ‘n speel-speel manier. Hier is ‘n paar punte hoekom juffrou daarvan hou om musiek te gee:
* bevorder woordeskat en taal ontwikkeling
* bewegings bevorder groot as ook klein motoriese ontwikkeling
* koördinasie en balans word bevorder omdat beweging op die maat van musiek hop, spring, huppel balanseer aanmoedig
* verbeter aandagspan omdat die liedjie se woorde die volgende beweging aandui
Kindermusiek verbeter gemoedstemming omdat dit vrolik is